Boris Johnson trou

Johnson en sy verloofde, Carrie Symonds, trou in geheime seremonie

Adriaan Joubert
30 Mei 2021

Die Britse premier, Boris Johnson, het Saterdag met sy verloofde van meer as 'n jaar, en met wie hy een kind het, in 'n geheime seremonie in Westminster-katedraal in Sentraal-Londen getrou.

"Die premier en me. Symonds is gistermiddag tydens 'n klein seremonie in die Westminster-katedraal getroud," het die premier se kantoor Sondag gesê. "Die paartjie sal volgende somer hul bruilof met familie en vriende vier."

Die 30 gaste wat uitgenooi is – die maksimum onder huidge inperkingsmaatreëls – is volgens bronne op die laaste nippertjie van die seremonie ingelig.

Johnson, 56, en Symonds, 33, woon sedert 2019 toe Boris Johnson premier geword het, saam in Downing Street. Hulle het laas jaar hul verlowing aangekondig en hul seun, Wilfred Lawrie Nicholas, is in April 2020 gebore.

Symonds is 'n voormalige persadviseur tot die Konserwatiewe Party en het 'n belangrike rol in die party se mediadekking tydens die algemene verkiesing van 2015 gespeel.

Dit is Johnson se derde huwelik. Sy eerste was in 1987 op die ouderdom van 23 met Allegra Mostyn-Owen, wat in 1993 nietig verklaar is na bewerings dat hy 'n buite-egtelike verhouding met Marina Wheeler gehad het. Hy is dieselfde jaar met Wheeler getroud en hulle het vier kinders. Hulle is in 2018 uitmekaar en in 2020 geskei.

📞 📧 📝
Harvard

Joubert, Adriaan (30 Mei 2021). "Boris Johnson trou". Die Telegraaf. <https://www.telegraaf.co.za/2021/05/30/boris-johnson-trou>. Besoek op 20 September 2021.

Afrikaanse Wikipedia

<ref>{{siteer web |url=https://www.telegraaf.co.za/2021/05/30/boris-johnson-trou |title=Boris Johnson trou |naam1=Adriaan |van1=Joubert |webwerf=[[Die Telegraaf]] |datum=30 Mei 2021 |toegangsdatum=20 September 2021 |taal=af}}</ref>

Engelse Wikipedia

<ref>{{cite web |url=https://www.telegraaf.co.za/2021/05/30/boris-johnson-trou |title=Boris Johnson trou |first1=Adriaan |last1=Joubert |website=[[Die Telegraaf]] |date=2021-05-30 |access-date=2021-09-20 |lang=af}}</ref>